Hoërskool Stellenbosch bied ’n wye verskeidenheid van sport aan. Die skool beskik oor uitstekende sportfasiliteite en het toegang tot skool- sowel as privaatafrigters.
Hoërskool Stellenbosch beskou sport as ’n integrale deel van leerderontwikkeling en streef die volgende na:
- dat sportleierskap en -bestuur deur waardes gedryf word;
- dat sport ’n integrale deel van die opvoeding van leerders vorm;
- dat sport as katalisator dien om die HSS-gemeenskap (‘community’) te bou;
- dat sport as ’n platform sal dien om lewensvaardighede te leer;
- dat sport tot leerders en die gemeenskap se lewensvreugde sal bydra; en
- dat ’n sportkultuur gekweek word wat totale deelname van leerders inspireer en elke individu en span vir hul bydrae eer.
Hoërskool Stellenbosch bied die volgende aan:
SOMERSPORT
Atletiek
Tennis
Muurbal
Krieket
Swem
WINTERSPORT
Landloop
Skaak
Muurbal
Tennis
Rugby
Netbal
Hokkie
Rasieleiers
Tennis
Die Edge-tennis Akademie rig alle skoolspanne af. Ligawedstryde word Maandae gespeel. Daar is ook ’n sosiale groep wat weekliks oefen.
AFRIGTER OF KONTAKPERSOON:
Stefan Vorster
vorster29@gmail.com
Atletiek
Hoërskool Stellenbosch bied afrigting in alle atletiek-items by die skool aan. Die atletiekjaar begin met ’n kleuresport- byeenkoms, waarna ’n interskolespan gekies word. Atlete oefen soggens voor skool.
AFRIGTER OF KONTAKPERSOON:
Emiel Nel
Emiel.nel@stellies.com
Krieket
Rushni Henry bied die krieketafrigting aan. Spanne oefen twee maal per week en krieketwedstryde vind ook in die week plaas. Rushni Henry bied ook individuele afrigting aan teen ’n addisionele koste en kan gekontak word vir verdere besonderhede.
AFRIGTER OF KONTAKPERSOON:
Marlon van Zyl
Marlon.vanzyl@stellies.com
Rushni Henry
073 746 1326
Muurbal
Oefeninge begin in Februarie vind weekliks by die Matie-bane plaas.
AFRIGTER OF KONTAKPERSOON:
Mari van Tonder
Marivtsquash15@gmail.com
Swem
Die swemspan het oor die afgelope twee jaar drasties gegroei en ons beweeg van krag tot krag. Oefengeleenthede vir swemmers wat nie die swemspan gehaal het nie, word ook geskep. Kontak gerus die organiseerder in hierdie verband.
AFRIGTER OF KONTAKPERSOON:
Leané Nienaber
leane.nienaber@stellies.com
Skaak
Die skool is aktief betrokke by skaak en het ’n opwindende skaakklub. Wedstryde vind in die week plaas. Soms is skaak egter ook by sportdae op die program. Volg die skakel om meer uit te vind en om aan die skaakklub deel te neem.
AFRIGTER OF KONTAKPERSOON:
Jan Mostert
Jan.mostert@stellies.com
Rugby
Hoërskool Stellenbosch speel in die Boland-liga. Spanne oefen twee maal per week en wedstryde vind meestal op Saterdae plaas. Hoërskool Stellenbosch maak van privaatafrigters gebruik om ons spelers tot hulle volle potensiaal te ontwikkel.
AFRIGTER OF KONTAKPERSOON:
Petrus Uys
petrus.uys@stellies.com
Rasieleiers
Hoërskool Stellenbosch spog met ’n uitstekende rasieleierspan. Hulle tree gereeld by groot sportgeleenthede op en presteer uitstekend tydens interskole kompetisies.
AFRIGTER OF KONTAKPERSOON:
Lisa Parrock
lisa.parroc@stellies.com
Hokkie
Hoërskool Stellenbosch beskik oor puik fasiliteite, onder andere ’n astro-baan. Spelers kan uitsien na jaarlikse toere. Die meeste van ons wedstryde vind op Saterdae plaas, maar soms word wedstryde teen toerspanne in die week gespeel.
AFRIGTER OF KONTAKPERSOON:
Wayne Carpenter
wayne.carpenter@stellies.com
Netbal
Hoërskool Stellenbosch vorm deel van die Cape Winelands- Netballiga. Ons afrigters fokus op die ontwikkeling van leerders se liggaamlike en lewensvaardighede. Ons ondersteun, ontwikkel, en lei spelers op om die beste speler op en van die baan af te wees.
AFRIGTER OF KONTAKPERSOON:
Leane Nienaber
leane.nienaber@stellies.com
WINTERSPORT
● Proewe vir rugby, netbal, en hokkie vind aan die einde van Februarie plaas.
● Ons begin in Maart oefen.
● Leerders wat aktief betrokke is by somersporte skakel later by die wintersport in.
Alle kleredrag (buiten die swemdrag) is by De Jagers, Stellenbosch beskikbaar. Vir enige verdere navrae oor sport by Hoërskool Stellenbosch, kontak gerus die Sportkantoor by 021 887 3082/3.