By Hoërskool Stellenbosch voel ons baie sterk daaroor dat ’n leerder se opvoeding nie binne die klaskamer stop nie. Ons bied dus ’n verskeidenheid toere en kampe waar leerders in die buiteland en die buitelug ervaringe opdoen.

Ons skool gaan jaarliks in graadverband op n kamp om sodoende mekaar en hulle omgewing beter te leer ken. Verder het ons ’n jaarlikse uitruil na Nederland en elke tweede jaar na die VSA.