Aansoekprosedure – 2024
AANSOEKE – 2024
Aansoeke open op Maandag, 13 Maart op die WKOD-webtuiste. Aansoeke is oop vanaf Maandag, 13 Maart tot Vrydag, 14 April.
Die proses is as volg:
STAP 1
Doen aansoek op die webtuiste van die WKOD https://admissions.westerncape.gov.za
Maak seker dat die aansoek volledig voltooi word en dat ondersteunende dokumentasie soos versoek deur die WKOD opgelaai word. Indien dit nie volledig is nie, sal die aansoek as onvolledig beskou word en nie deur Hoërskool Stellenbosch oorweeg word vir toelating nie.
Laai ‘n bewys van u registrasie op die WKOD-webtuiste af.
STAP 2
Om die aansoekproses vanuit die skool se perspektief te bestuur, sal ons dit waardeer indien u die UITDRUKKING VAN BELANGSTELLING ook sal voltooi. Dit is egter nie verpligtend nie. Dit is ‘n aanlynvorm waar u die volgende dokumente vir ons moet aanheg:
- ID-foto van leerder.
- Geboortesertifikaat van leerder.
- Afskrifte van ID’s van beide ouers/voogde.
- Laaste rapport.
- Bewys van die WKOD-aanlynaansoek.
Geen harde kopieë sal by skool aanvaar word nie. Alles word elektronies hanteer. Voltooi asseblief voor 14 April.
Volg die skakel hieronder:
BELANGRIKE DATUMS
13 Maart 2023 | Skooltoelatings open |
14 April 2023 | Skooltoelatings sluit |
17 April tot 19 Mei 2023 | Skole verwerk aansoeke. |
29 Mei tot 02 Junie 2023 | Ouers word per e-pos/SMS deur die WKOD van die uitslag ingelig. |
29 Mei tot 19 Junie 2023 | Ouers bevestig aanvaarding op die WKOD-webtuiste |
Kontak: eileen.debeer@stellies.com