Akademie is ons skool se eerste prioriteit. Ons volg ’n holistiese benadering wat verseker dat leerders op alle vlakke deur die kennis wat hulle hier opdoen, gestimuleer word. Die skool is ’n voorloper wat e-leer betref, en berei leerders van jongs af voor om onafhanklik en doeltreffend te kan studeer.

Die skool bied ’n verskeidenheid van vakke aan wat leerders in staat stel om ’n grondslag in verskeie rigtings te ontwikkel, en bydra tot die besonderse sukses wat Hoërskool Stellenbosch se leerders veral op nagraadse universiteitsvlak behaal. Ons benadering tot akademie berei dus nie net ons leerders voor om op skoolvlak te presteer nie, maar ook om die wêreld na skool op die voorvoet aan te pak.

Vakke en Keusevakke

GRAAD 8 EN 9

Graad 8-leerders sal in die verwelkomingsweek die geleentheid kry om hul finale vakkeuses vir 2022 aan te dui. Die leerders moet aandui:

  • of hulle Engels Huistaal (HL) of Engels Eerste Addisionele Taal (FAL) gaan neem (’n Vaardigheidstoets word in die eerste week geskryf om ’n aanbeveling te maak);
  • of hulle Duits Tweede Addisionele Taal of Manderyns as verrykingsvak kies.

GRAAD 10 en 11

  • Afrikaans Huistaal en Lewensoriëntering moet deur alle leerders geneem word.
  • Die oorblywende vyf vakke word uit die verskillende groepe hier onder gekies.
  • Leerders moet een vak uit elke groep kies.
  • Fisiese Wetenskappe kan nie sonder Wiskunde nie geneem word nie. 
GROEP 1

Engels Huistaal (HL)
Engels Eerste Addisionele Taal (FAL)

GROEP 2

Wiskunde
Wiskundige Geletterdheid

GROEP 3

Lewenswetenskappe
Rekeningkunde
Ingenieursgrafika en Ontwerp
Geskiedenis
Dramatiese Kunste
Ontwerpkuns
Visuele Kunste

GROEP 4

Fisiese Wetenskappe
Lewenswetenskappe
Rekenaartoepassingstegnologie
Geografie
Musiek
Ontwerpkuns
Visuele kunste

Gasvryheidstudies

GROEP 5

Fisiese Wetenskappe
Ekonomie
Ingenieursgrafika en Ontwerp
Rekenaartoepassingstegnologie
Gasvryheidstudie
Ontwerpkuns
Visuele Kunste

EKSTRA VAKKE

Duits
Inligtingstegnologie (IT-programmering)
Addisionele Wiskunde

GRAAD 12

Afrikaans Huistaal en Lewensoriëntering is verpligtend.

Leerders moet kies tussen die volgende vakke:

  • Engels Huistaal (HL) en Engels Eerste Addisionele Taal (FAL)
  • Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid

Leerders moet enige drie van die volgende vakke kies:

  • Drama
  • Ekonomie
  • Fisiese Wetenskappe  (Indien FW geneem word, moet Wiskunde geneem word.)
  • Gasvryheidstudie
  • Geografie
  • Geskiedenis
  • Ingenieursgrafika en Ontwerp
  • Lewenswetenskappe
  • Musiek
  • Ontwerpkuns (Kan nie saam met Visuele Kuns geneem word nie.) **
  • Visuele Kuns (Kan nie saam met Ontwerpkuns geneem word nie.)**
  • Rekenaartoepassingstegnologie
  • Rekeningkunde
  • Duits Tweede Addiosionele Taal
  • Ekstra vakke (die leerder kan kies om een of meer van die volgende vakke te neem bo en behalwe die drie vakke wat reeds gekies is)
    – Inligtingstegnologie
    – Addisionele Wiskunde

** Aanlegtoetse vir Ontwerp en Visuele Kuns moet geskryf word.