Welkom by Hoërskool Stellenbosch

Mnr. Theo Pellissier, Skoolhoof

Waarheen lei jy ’n skool of instansie wat reeds suksesvol is? ’n Skool met gelukkige leerders en ’n goed toegeruste, entoesiastiese personeel. ’n Skool met uitstekende geriewe, ’n vol koshuis en ’n waglys vir voornemende leerders.

Laurence Boldt maak die volgende stelling:

“The new economy favours people with qualities like self-motivation, initiative, flexibility, ability to work with a team, and the capacity to learn and adapt to change.”

As skoolhoof van Hoërskool Stellenbosch wil ek sien dat elke leerder toegerus is vir hierdie uitdaging en dus is my ideale: hoogstaande akademiese opleiding wat blootstelling en onderrig insluit wat meer as die vereiste sillabus behels; wye blootstelling en ontwikkeling op sportvlak wat leerders in staat stel om kompeterend genoeg te wees om as ’n faktor geag te word; en die integrasie van kultuur deur kuns, drama en musiek op skoolvlak om sodoende kreatiewe en gekultiveerde jongmense te vorm.