AMPTELIKE Skooldrag

SEUNS

  • Sandsteenkort- of langbroek
  • Wit kortmou oopnekhemp met sakwapen of
  • Wit kortmou toeknoophemp met skooldas
  • Wit lang- of kortmouhemp toeknoophemp met skooldas in die winter
  • Swart skoolskoene

DOGTERS

  • Rooi skoolrok
  • Kort wit sokkies met swart en rooi strepie in die somer
  • Swart lang kouse in winter
  • Wit kortmou-oopnekhemp met spesiale snit in die somer.
    Wit langmouhemp met skooldas in die winter
  • Swart skoolskoene

SEUNS & DOGTERS

  • Skoolbaadjie verpligtend in die winter maar opsioneel in die somer
  • Verpligtend tydens saalbyeenkomste
  • Langmoutrui slegs onder skoolbaadjie
  • Moulose trui mag sonder baadjie gedra word
  • Skoolserp met rooi strepies opsioneel. Slegs amptelike skoolserp mag gedra word
  • Reënbaadjie mag slegs buite skoolgebou gedra word bo-oor die skoolbaadjie. Dit mag ook tydens wintermaande saam met die skoolsweetpak gedra word maar is opsioneel

Skoolsweetpak

SEUNS & DOGTERS

  • Die volle skoolsweetpak mag op Donderdae vir Leefstylperiode skool toe gedra word.
  • ‘n Skoolbaadjie kan slegs by sportklere gedra word indien die betrokke sportkode ‘n interne reëling met leerders tref.

LO-drag

SEUNS

  • Rooi sporthemp
  • Swart sportbroek met rooi strepie
  • Skoolsweetpak (winter)

DOGTERS

  • Rooi sporthempie
  • Swart sportbroek met rooi strepie
  • Skoolsweetpak (winter)

Atletiek

SEUNS

  • Swart sportbroek met rooi strepie of
  • Swart spanbroek
  • Rooi atletiekhemp of rooi LO-hemp

DOGTERS

  • Swart sportbroek met rooi strepie of
  • Swart spanbroek
  • Rooi atletiek hemp of LO-hemp

Tennis

SEUNS

  • Swart sportbroek met rooi strepie
  • Rooi sporthemp
  • Wit sokkies met swart strepies

DOGTERS

  • Swart skort
  • Rooi sporthemp
  • Wit sokkies met swart strepies

Krieket

SEUNS & DOGTERS

  • Wit kriekethemp
  • Wit krieketbroek

Hokkie

SEUNS

  • Rooi sporthemp
  • Swart sportbroek met rooi strepie
  • Swart long sokkies met rooi strepe

DOGTERS

  • Swart skort
  • Rooi sporthemp
  • Swart long sokkies met rooi strepe

Netbal

  • Rooi sporthemp
  • Swart skort
  • Wit sokkies met swart strepies

Rugby

  • Rooi en swart rugbytrui
  • Swart rugbybroek
  • Swart lang sokkies met rooi strepe

AANKOPE VAN SKOOL- EN SPORTDRAG

ALLE NUWE SKOOLDRAG is beskikbaar by De Jagers.  – GEEN sportklere is daar beskikbaar nie.

De Jagers Eikestad Mall
Tel: 021 886 5168
www.dejagers.co.za

ALLE SPORTDRAG en ‘pre-loved’-klere is alleenlik by die skool beskikbaar.

hssklerewinkel@stellies.com
instagram: https://www.instagram.com/hssklerewinkel/

Tye: Kwartaal 1 & 4: Maandag – Donderdag 12:00 tot 14:00
Kwartaal 2 & 3: Maandag – Donderdag 12:20 tot 14:20
Vrydae: 10:00 tot 10:25 & 12:45 tot 13:45

Veranderinge in tye a.g.v. onvoorsiene omstandighede sal op die ouer whatsapp-groepe en die winkel se Instragram-blad geplaas word.

NETHEID EN TROTS OP ONS VOORKOMS IS VIR ONS ’N BAIE HOË PRIORITEIT VIR ’N POSITIEWE SELFBEELD

LET WEL:

  • By enige formele geleenthede waar leerders die skool verteenwoordig, dra ons “uitgaanklere”.
    • Uitgaanklere sluit ‘n das en baadjie in met skoolrokke vir die meisies.
    • Uitgaanklere sluit ‘n das en baadjie in met kort- of langbroek vir die seuns.
  • Musse, pette, hoede of kopdoeke van enige aard is nie deel van ons skooldrag nie.
  • Meisies kan hul hare met swart, wit of rooi rekkies/linte vasmaak soos gepas by skooldrag. Geen versierings in die hare nie.
  • Juweliersware is nie deel van skooldrag nie, maar een oorknoppie of –ringetjie in goud of silwer (asook klein pêrels) PER OORLOB in die onderste gaatjie, word wel vir meisies toegelaat. Die maksimum grootte vir ‘n ringetjie is 12mm. Geen juweliersware in neus of enige ander deel van die oor behalwe die oorlob nie.
  • Balkies en prestasie-erkennings wat deur die skool toegeken word, kan met trots gedra word. Geen ander instansies se balkies mag gedra word sonder die skool se toestemming nie.
  • Netjies versorgde hare en naels voltooi die prentjie van ‘n trotse Stellie.
  • Hare: Seuns se hare moet kort en netjies wees – dit moet hul EIE, NATUURLIKE haarkleur wees. Meisies se hare moet netjies wees – dit moet hul EIE, NATUURLIKE haarkleur wees. Natuurlike, eenvoudige haarstyle pas by skooldrag.
  • Naels: Lang naels en onnatuurlike naelkleure pas nie by skooldrag nie. Slegs deursigtige naellak pas by skooldrag.
  • Slegs die kort wit sokkies met die rooi en swart strepie wat deur De Jagers verskaf word, is toelaatbaar vir dogters in die somer.
  • Slegs die lang swart kouse wat deur De Jagers verskaf word, is vanaf 2024 verpligtend vir seuns saam met hulle kortbroeke.
  • Geen tatoeërmerke mag sigbaar wees nie.