Aansoekprosedure – 2027

AANSOEKPROSES: GRAAD 8: 2027

Aansoeke vir graad 8 2027 open op 10 Maart en sluit op 14 April 2026.

Die proses is as volg:

STAP 1: Doen eers aansoek op die WKOD-webtuiste (https://wcedonline.westerncape.gov.za) en bewaar die bewys van u aansoek op u rekenaar/slimfoon.

STAP 2: Vul die nie verpligte, UITDRUKKING VAN BELANGSTELLING-VORM in en heg al die nodige inligting aan wat vanaf 10 Maart beskikbaar sal wees.

Hou die volgende inligting gereed op u rekenaar/slimfoon voor u die vorm voltooi:

  • ID-foto van die leerder.
  • Geboortesertifikaat van die leerder.
  • ID van albei ouers of voogde.
  • Laaste rapport (Graad 6 – finale rapport)
  • Bewys van die WKOD-aanlynaansoek

U het nie nodig om enige dokumente by die skool in te handig nie. Alles word elektronies gedokumenteer. Geen onvolledige aansoeke sal aanvaar word nie. Alle dokumentasie wat verlang word moet aangeheg word om die proses te voltooi.

Vanaf 28 Mei 2026 vertoon die uitslag van u aansoek op die WKOD-webtuiste – moet asseblief nie skole kontak om uitslag te versoek nie.

Ouers sal per sms of e-pos, vanaf 28 Mei tot 10 Junie 2026, deur die WKOD ingelig word aangaande die uitslag van die aansoek.

Ouers moet vanaf 28 Mei tot 15 Junie 2026 aanvaarding op die WKOD-webtuiste aandui waarna die skool verdere korrespondensie sal stuur.

AANSOEKPROSES: GRAAD 9 tot 11:  2027

Aansoeke open op 3 Augustus 2026 en sluit op 17 Augustus 2026 om 14:00.

Die proses is as volg:

Vul ons aansoekvorm, vakkeusevorm en huidige skool vertroulikevorm in:

Voltooi die aansoekvorm en vakkeusevorm volledig en e-pos na: aansoeke@stellies.com

Handig die vertroulikevorm aan die huidige skool vir voltooiing en versending na: aansoeke@stellies.com

Ouers sal verdere korrespondensie vanaf die skool ontvang.