Beste Stellie-ouer

Ouerbetrokkenheid is ’n aanwins!

Hoërskool Stellenbosch se bestuur en personeel heg baie waarde aan ouerbetrokkenheid by die skool.  Met hierdie ondersteuning en weens die entoesiasme van Stellie-ouers, is die Ouervereniging in 2016 gestig.

Die Ouervereniging (OV) het ten doel om:

  • ouers en voogde deel te maak van hulle leerders se skoolervaring en so die leerders se opvoeding by Hoërskool Stellenbosch te verryk;
  • as gesamentlike liggaam ’n verwelkomende en ondersteunende omgewing vir alle ouers en voogde te skep;
  • as skakel tussen die personeel en ouers en voogde op te tree;
  • hulp te verleen aan al die leerderkomitees;
  • betrokke te raak by skoolfunksies;
  • te help met fondsinsamelings vir spesifieke projekte;
  • geleenthede te bied vir ouers en voogde vir die bou en vestiging van netwerke;
  • deur die OV-Voorsitter met die Beheerliggaam te kommunikeer en saam te werk; en
  • Hoërskool Stellenbosch te help bemark as ’n suksesvolle, presterende, moderne, inklusiewe, kreatiewe, en omgee skool.

Hierdie jaar betree ons Hoërskool Stellenbosch se 54ste bestaansjaar en is daar reeds ’n paar opwindende projekte in die pyplyn.
Ons sien daarna uit om jou te ontmoet!

Vriendelike groete

Riana de Wet
OV-VOORSITTER